Japannese nasionale rugbyspan

Japan
Unie Japannese Rugbyvoetbalunie (JRFU)
Bynaam(e) Kersiebloeisels, Sakura, Dapper Bloeisels
Embleem die Sakura
Stadion Chichibunomiya Rugbystadion, Tokio
Kapasiteit 27 188
Afrigter(s) Vlag van AustraliëVlag van Japan Eddie Jones (sedert 2024)
Kaptein(s) Kazuki Himeno
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Hitoshi Ono (98)[1]
Meeste toetspunte Ayumu Goromaru (708)[2]
Meeste drieë Daisuke Ohata (69)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Japan Japan 9–8 Kanada Vlag van Kanada
(Osaka, Japan; 31 Januarie 1932)
Grootste oorwinning
Vlag van Japan Japan 155–3 Taiwan Vlag van Republiek van China
(Tokio, Japan; 6 Julie 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 145–17 Japan Vlag van Japan
(Bloemfontein, Suid-Afrika; 4 Junie 1995)
Wêreldbeker
Verskynings 10/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 2019
Unie webwerf
www.rugby-japan.jp

Die Japannese nasionale rugbyspan (Japannees: ラグビー日本代表, Ragubī Nihon Daihyō; ook bekend as Kersiebloeisels, Sakura of die Dapper Bloeisels) is die nasionale rugbyspan wat Japan tydens internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle word as die beste rugbyspan in Asië beskou en sedert Mei 2020 deur Wêreldrugby as ’n vlak een-span erken.[4] Rugby word in Japan deur die Japannese Rugbyvoetbalunie (Engels: Japan Rugby Football Union, JRFU; Japannees: 日本ラグビーフットボール協会, Nihon ragubī futtobōru kyōkai), wat in 1926 gestig is, geadministreer.[5] Japan het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en in 2019 op eie bodem vir die eerste keer die kwarteindrondte gehaal.

Japannese rugby dateer terug na 1866, toe dit deur Britse matrose in die verdragshawens gespeel is. Die eerste plaaslike universiteitsspanne is in 1899 gestig en Japan het sy eerste toetswedstryd in 1932 teen Kanada gespeel. Die span neem aan die jaarlikse Stille Oseaan-nasiesbeker deel, saam met Fidji, Samoa en Tonga. Tot in 2017 het Japan ook aan die Asiatiese Rugbykampioenskap deelgeneem en dié toernooi 25 keer gewen, by verre meer as enige ander span; net vyf keer het Suid-Korea met die titel weggestap. Twee voormalige Japannese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Japan is tans (April 2024) twaalfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[6]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  4. (en) "Japan set to become a Tier 1 Nation". Ultimate Rugby. 4 Mei 2020. Besoek op 11 Oktober 2023.
  5. (en) John R. Jones; Maurice Golesworthy (1976). Encyclopedia of Rugby Union Football. Londen: Robert Hale. p. 69. ISBN 0-7091-5394-5.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 11 Oktober 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne